h1

Deny, deny, deny: Ons is nie ‘n banana republic nie… en ek is die Paashaas

April 16, 2008

Lees vanoggend ‘n koerantberig met die opskrif: “ANC sê DA en Skerpioene haat regerende party”. Ek sit die link in, so gaan lees dit sommer self (http://www.dieburger.com/Stories/News/17.0.341352224.aspx).

Daarin word deur die ANC se sekretaris-generaal beweer dat die Skerpioene ontbind moet word “omdat hulle teen die ANC gekant is”. Behalwe vir feit dat so ‘n ondeurdagte, dom-onnosele uitspraak deur ‘n lid van die ANC se uitvoerende komitee gemaak word, laat dit ‘n hele paar vrae ontstaan…

Eerstens, en onmiddellik na ek dit gelees het, wou ek onwillekeurig gryp na een van daai A4-papiere wat sê: Bang head HERE en ek wou dit lank en aanhoudend doen om te kyk of ek daai idiotiese uitspraak uit my gedagtes kan verban. Duidelik nie gewerk nie: dit pla my dan steeds…

Maar kom ons kyk na die probleem rondom so ‘n media-uitspraak:

Vir die afgelope jaar is die ANC besig om die ontbinding van die Skerpioene te campaign op die premis dat dit te duur is om die eenheid operasioneel te hou. Volgens hulle word te veel geld in die Skerpioene gepomp en moet dit eweredig versprei word na ander sekuriteitseenhede soos die metro- en ander polisiedienste. Nou skielik is dit omdat die Skerpioene die ANC haat. Nee, stupid, dis omdat hulle hul werk doen. Hulle loods ondersoeke na korrupsie en ongelukkig het die meeste hooggeplaastes in die ANC ‘n vinger iewers in die pie.

Skielik, aldus die agbare sekretaris-generaal, het hulle “’n politieke eenheid geword en ons het dit nie nodig nie. Ons benodig professionele ondersoekers wat misdaad en korrupsie sal bestry. Ons soek nie mense wat met enigiemand pleitooreenkomste aangaan solank hulle die ANC inkrimineer nie.” Maar… is dit nie juis wat hulle doen nie? Hulle ondersoek misdaad en korrupsie… en juis in die bestryding daarvan sit die ANC nou met rooi gesigte aangesien ons polisiehoof, Jackie Selebi, en (bid jou dit aan) ons toekomstige president, Jacob Zuma, as korrup uitgewys is!

Dit het ook implikasies vir die Rule of Law in hierdie land: Die grondwet en hoogste hof moet altyd onafhanklik, uncompromised en regverdig bly vir ‘n land om te beweer dat hy ‘n demokratiese bestel het. As jy jou nie tot die Grondwet kan wend om jou te beskerm nie, wie gaan? As jy nie kan glo dat die polisie jou sal beskerm nie, hoe kan jy vir ‘n oomblik veilig voel? Sê dit in effek vir ons enige staatsliggaam het slegs legitimiteit as dit deur die ANC goedgekeur is en altyd ‘n blinde oog draai as hul droogmaak? Sê dit vir ons die ANC (asof ons dit nie reeds dink nie) is nes al die ander Afrika-regerings wat glo “as jy nie vir my is nie, is jy teen my”?

Laastens, het die ANC volgens hom “’n fout gemaak om só baie oudlede van die veiligheidspolisie in die Skerpioene op te neem. Hul doel destyds was om teen die ANC te baklei en hulle baklei vandag steeds teen die ANC.”  Nou maar sê dan vir my: doen die polisie slegs hul werk solank hulle nie misdaad en korrupsie rondom die regerende party ondersoek nie. Misdaad is misdaad. Dit maak nie saak wie dit pleeg nie; dit bly verkeerd. Fallacy hier: hulle is nie teen ‘n groep nie, maar teen die beginsel van misdaad en korrupsie.

Sê dan asseblief vir my ons is nie ‘n banana republic nie… Sê vir my Thabo Mbeki het nie ‘n dag of wat gelede gesê dat daar NIE ‘n krisis in Zimbabwe is NIE. Sê vir my ek is die Paashaas…

h1

Die Eerste Een

April 15, 2008

Where to start, where to start…

Na maande van blog-lees gaan ek myself ook hierin begewe. Maar, ek ken myself: gaan nog in groot moeilikheid beland omdat ek by die werk sit en skryf! Moet erken, voel tans effe verveeld by die werk: die hoof-parras is op strike, so daar gaan my comic relief vir die dag; ek het my netnou so bloedig vererg vir Jon Quelane se artikel op News24 dat ek omtrent nie reguit kan sien nie; en nou wil ek beslis nie ‘n woord verder oor Bob Mugabe óf Najwa Petersen hoor nie!

Gaan dus maar verder blogs lees en probeer uitfigure hoe om Mead te maak, want dit blyk ‘n onbegonne taak te wees om dit hier in Suid-Afrika in die hande te kry.

 

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.